MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

God het Jesus aarde toe gestuur om dié wat verlore is te soek en te red. Hy het ons so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het om ons plek in te neem en vir ons sonde te betaal, sodat ons die ewigheid saam met Hom kan deurbring. Hy het geweet dat ons vir ewig die skuld van sonde sou probeer terugbetaal as ons dit sonder Jesus sou doen.
Jesus het aan die kruis gesterf om 'n skuld te betaal wat die mensdom verskuldig was, maar nie op enige manier kon betaal nie. Dit is die evangelie, die goeie nuus van Jesus Christus!
Die oomblik wanneer ons God se liefde ontvang en aanvaar wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het, is ons ewigheid verseker. God het egter nog steeds 'n sending vir ons terwyl ons op aarde is.
Paulus maak 'n opmerking in die boek Romeine: hoe sal ons vriende, ons gelykes en ons familielede die goeie nuus van Christus hoor, as ons hulle nie daarvan vertel nie? Hoe kan iemand in iets glo wat hulle nie weet bestaan nie? As Christene is dit ons verantwoordelikheid om vir ander die goeie nuus te vertel.
Aangaande hierdie leesplan

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op
