MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Elkeen van ons wil graag deel wees van iets wat groter as ons is. God het ons spesifiek so geskep omdat Hy nog altyd wou hê dat ons moet help om sy koninkryk op aarde uit te brei.
Die Woord van God sê dat Hy voor ons geboorte al vir ons planne beraam het om 'n verskil in die wêreld te maak. As Hy so noukeurig planne beraam het vir ons om iets goed te doen, kan ons verseker weet dat ons alles het wat nodig is om suksesvol te wees.
Ons voel dalk soms dat ons nog nie gereed is nie, of dat ons nie iets het om aan te bied nie. Wanneer dit gebeur, is dit belangrik dat ons onsself herinner aan wat God sê.
In Handelinge lees ons van Petrus en Johannes wat op pad tempel toe 'n man teëgekom het wat nie kon loop nie. Toe die verlamde man vir hulle vra om vir hom geld te gee, het Petrus gesê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” Let op dat Petrus nie mismoedig geword het omdat hy nie gehad het wat die man gevra het nie. In plaas daarvan het Petrus gefokus op wat hy wél gehad het en daarom kon hy die verlamde man se lewe beïnvloed.
God het vir elkeen van ons 'n gawe gegee. Dalk kan jy goed kommunikeer, of rekenaars programmeer, of musiek skryf en speel, of 'n verskeidenheid ander dinge. Wat dit ook al is, God wil hê dat jy dit sal gebruik om 'n verskil in die wêreld om jou te maak. Onthou, dit wat ons gee hang nie af van wat ons het nie, maar van wat God vir ons gegee het.
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More