MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Ons leef in 'n wêreld waar mense net altyd meer wil hê. Meer geld. Meer volgelinge. Meer tyd. Meer status. Meer word altyd gemotiveer deur wat mense wil hê en nie deur wat hulle tans het nie. Hulle begeerte na meer kom miskien as gevolg van 'n soeke na sekuriteit, doel of liefde. Hierdie dinge kan egter net gevind word as ons ander dien.
Om mense te dien en te help is die mees lonende deel van ons Christelike wandel. Jesus is en was die grootste dienaar van alle tye. Hy het in elke situasie gedien, selfs tot die dood toe. Jesus was deur liefde gemotiveer en het niks in ruil verwag nie.
God belowe dat ons ons lewe sal vind as ons dien. Om mense te dien is die sleutel tot die ontdekking van vreugde in ons Christelike wandel. Dit kom teenstrydig voor met wat die wêreld vir ons sê, maar ware vreugde is die gevolg van diensbaarheid. Begin ander dien, want God belowe dat jou lewe dan vol seëninge sal wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More