MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 15 VAN 31

Het jy al ooit iets ontvang wat jou baie opgewonde gemaak het? Dalk het jy 'n geskenk ontvang waarvoor jy al lank gewag het, 'n uitnodiging om deel van 'n span te wees na maande se harde werk, of jy het 'n goeie doktersverslag ontvang na 'n lang tyd van onsekerheid. 


Wanneer ons so iets ontvang, is dit natuurlik vir ons om ander te wil vertel. Dis in ons wese om iets te wil doen. Ons opgewondenheid en dankbaarheid nooi ander uit om saam met ons fees te vier.


God het vir ons die ewige lewe gegee en van sonde verlos. Ons moet nooit toelaat dat hierdie goeie nuus so algemeen raak dat ons nie meer dankbaar daaroor is nie. Hierdie gawe behoort ons van opgewondenheid en lofprysing te laat juig. 


Lofprysing is kragtig want dit bring weer perspektief. Dit maak God groot en verklein die vyand. Die goeie nuus van Jesus gee ons die krag om Hom in beide oorwinning en beproewing te prys.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/