MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 10 VAN 31

Jesus het die standaard gestel van hoe 'n dienaar behoort te wees. Hy het sy begeertes, gerief, familie, trots en heerlikheid prysgegee. Hy was gehoorsaam tot die dood toe sodat Hy die wil van die Vader kon volbring. Jesus het gekies om God bo alles te dien en het die hele mensdom met die geskenk van die ewige lewe gedien.

Net so is ons geroep om dienaars van God te wees. Hy het ons die grootste geskenk van die lewe gegee en 'n skuld betaal wat ons nooit kon betaal nie. Wanneer ons die omvang van sy liefde vir ons besef, kan ons nie anders as om Hom te aanbid nie. 

God se hart behoort aan sy mense. Wanneer ons kies om Hom te dien, gebruik Hy ons aanbidding om bonatuurlike dinge in die lewens van ander te doen. Ons dien God nie op grond van hoe ons voel nie. Ons dien Hom omdat Hy waardig is om geëer te word. 

God skuld ons niks nie, en tog het Hy alles vir ons gegee. Kom ons gee ons lewens vir Hom en sing saam met die skepping: Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige!

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/