MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Om te dien begin met aanbidding. Dis die uiterlike uitdrukking van ons liefde en toewyding aan God. Ons moet eers verstaan wat dit beteken om 'n ware aanbidder van God te wees voordat ons 'n dienaar kan wees.
Dalk ken jy net musiek as 'n vorm van aanbidding. Dis wel waar, maar dis nie al nie. Musiek is net 'n middel vir ons om in God se teenwoordigheid te kom.
Die woord "aanbidding" beteken in werklikheid "waarde-skap". Wanneer ons God aanbid, verklaar ons sy waarde in ons lewens. God wil graag ons aandag, lofprysing en passie hê omdat Hy dit werd is.
Jy hoef nie 'n goeie sanger of musikant te wees om te aanbid nie. Jy moet maar net vir God vertel hoe wonderlik en waardig Hy is van al jou aandag. Ons toon ons grootste aanbidding deur middel van al die besluite wat ons elke dag neem.
Wanneer laas het jy gesê: "Here, U is wonderbaar!" Gebruik hierdie oordenkingstyd om hierdie nuwe perspektief van aanbidding te beoefen en sê vir God hoe wonderlik Hy is en hoe dankbaar jy vir sy teenwoordigheid is. Vra Hom om jou die begeertes van sy hart te gee sodat jou diensbaarheid uit jou liefde vir Hom voortvloei.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More