MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Week 1 van hierdie oordenking kom nou tot 'n einde en dis belangrik om daaroor na te dink en te leef volgens wie ons is. Ons geloof in God word versterk as ons onthou hoe volmaak sy liefde vir ons is.
As ons eers weet wie ons is, moet ons besluit om iets daarmee te doen. God het ons toegerus om 'n lig te wees en sy liefde met ander te deel. God is voortdurend besig om ons geloof te versterk as ons Hom opsoek. Die gevolg is dat ander sy liefde deur ons kan ervaar.
Hierdie week het ons toegelaat dat die Woord van God ons identiteit in Christus aan ons openbaar. Ons het begin deur na Efesiërs 2:10 te kyk wat verduidelik wie ons geskep is om te wees en waarvoor ons geskep is. God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Die Bybel sê dat ons vrygewig met ons lewens moet wees, dus gaan ons volgende week leer hoe en hoekom ons moet dien. Jy hoef egter nie tot dan te wag om te begin dien nie. Jy kan vandag begin: vertel 'n vriend of jou ouers van wat God nou in jou lewe doen en doen iets ekstra om iemand te dien wat jou gewoonlik dien.
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More