Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld

Finding Rest In A Busy World

DAG 9 VAN 9

Dit was die groot Protestantse reformasieleier, Martin Luther, wat gesê het: "Ek het vandag so baie om te doen dat ek die eerste drie ure in gebed sal deurbring."

Ek is mal oor die ironie van daardie aanhaling. Gewoonlik is gebed die eerste ding wat ons van die agenda skrap as ons min tyd het. 

Dit is die maklikste ding om die "Esc" knoppie te druk. Gewoonlik is die nagevolge nie dadelik sigbaar nie. 

Stadig maar seker laat tyd sonder Jesus ons egter gedreineer. Dit begin stukke van ons siele wegkap. 

Ek weet nie presies hoeveel tyd ek en jy saam met Hom moet deurbring nie. Maar ons moet genoeg tyd bestee om met die Lewende Water gevul te word voor ons dit kan uitgiet. 

Jesus het vir Marta gesê dat haar suster die een ding gedoen het wat nodig is.

Dalk kan dit ons gebed vanoggend wees. 'n Gebed van Psalm 27: 4

"Net een ding het ek van die Here gevra, dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel."

Dit is slegs wanneer ons ons oë op Jesus gerig hou dat ons onsself na waarde kan skat, soos Hy ons na waarde skat.

Slegs dan kan ons rus en nie meer strewe nie. Slegs dan kan al ons werk soos aanbidding tot Hom wees. Of ons in spoggerige korporatiewe kantore werk of vlekke uit 'n bababroekie skrop, al ons werk kan aanbidding wees wanneer ons waarde in Jesus gevestig is.

Kom nader

Vader God, herinner my vandag dat ek slegs een ding nodig het — en sy naam is Jesus. Help my om Hom na te jaag. Help my om Hom geheel en al lief te hê. Maar, help my eers om my in sy kwistige, oordadige liefde vir my te koester. My siel vind rus in God alleen. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest In A Busy World

Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.  

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.susannarjala.com