Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld

Jesus reageer op Marta se klein uitbarsting, met sagte, afgemete, wyse woorde.
Kom ons let eers op wat Jesus nie sê nie. Hy verontagsaam nie Marta se werk en sê dis verkeerd nie. Gasvryheid is belangrik. Jesus en sy dissipels was pas terug van 'n lang reis. Hulle moes kos kry — en Marta het juis dit gedoen.
Aan al daardie "kry dit gedoen" mense wat daarop floreer om dinge op hul taaklysies af te merk: God het jou en jou werksetiek lief. Hy wil hê dat jy hard moet werk en alles met uitnemendheid en vir sy glorie doen. Dit is slegs wanneer ons behep raak met "doen dit alles" en al die erkenning wil hê, dat God 'n bruikbare bysaak eerder as die kern van ons lewens word.
Toe Marta vir Hom vra: "Here gee U nie om nie?" antwoord Jesus nie deur te sê: "Natuurlik gee ek om. Maria, gaan help jou suster" nie.
In plaas daarvan, in wese, antwoord Jesus deur te sê: "Kom na my toe; sit by my voete."
Wanneer ons twyfel of Hy omgee, is die oplossing baie eenvoudig: gaan na Hom toe. Bring tyd saam met Hom deur. Sluit die res uit en keer jou oë na Jesus toe. Hy wil ons laste vir ons dra. Dit bly 'n ope uitnodiging.
Kom nader
Hemelse Vader, dankie vir die oop deur van gebed wat altyd voor my is. Dankie vir die uitnodiging om my laste aan u voete te kan neerlê. Help my om altyd daardie uitnodiging te onthou en te waardeer. Ek hoef dit nie op my eie te doen nie. Wat 'n verligting! Wat 'n vriend het ons in Jesus! Amen
Aangaande hierdie leesplan

Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.
More