Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld
Ons het gister gesien hoe verslawing aan bedrywigheid ons van energie en rustigheid kan dreineer. Ons is egter nie net besig nie. Ons is ook hopeloos verstrooid.
Ons generasie is so ingestel op ons toestelle, dat ons ronddwaal in 'n "toestel waansin" — 'n toestand waar alles en almal deur 'n soort waas waargeneem word.
Volgens 'n artikel in die New York Times van 2016, bestee die gemiddelde Facebook-gebruiker een uur per dag op sosiale media. Een uur per dag van die tyd wat ons wakker is, is 'n yslike sestiende van ons wakker-ure.
Dit neem nie net ons tyd in beslag nie, maar sosiale media veroorsaak in werklikheid dat ons ons waarde bevraagteken. Dit versterk die idee dat ons net saakmaak wanneer ander so sê.
Hierdie kultuur sê vir ons dat ons nie werklik saakmaak voordat ons ons besig hou met soveel aktiwiteite as wat moontlik is en onsself in die proses heeltemal uitput nie.
Deesdae dink ons die manier van doen is om soveel as moontlik gelyktydig te doen. Oorweeg egter Efesiërs 2:10 waar dit staan dat God vir ons vooruit goeie dade bestem het om ons lewe aan te wy. Hy wil nie hê ons moet 'n yster in elke moontlike vuur hê nie. Hy wil hê ons moet Hom doelbewus volg in die werk wat Hy vir ons aangewys en voorberei het om te doen. In daardie roeping, vind ons 'n doel en vryheid.
Jesus stel nie aan ons eise nie. Hy beweeg langs ons in. Al wat Hy van ons verwag is om in Hom te bly.
Kom nader
Vader, laat my nie net blindelings funksioneer met die valse aanname dat ek alles gelyktydig moet doen en alles vir almal moet wees, ten einde iets te beteken nie. Help my om my hart stil te maak, sodat ek u stem kan hoor wat sê: "Dit is die weg, wandel daarin." Help my om te floreer in die volheid van die lewe wat U vir my het. Help my om dit nie te verwar met 'n vol lewe nie. Amen
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.
More