Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld

Finding Rest In A Busy World

DAG 7 VAN 9

Ons is 'n kultuur wat besigwees verheerlik. Dit is 'n mantel wat ons met trots dra. Wanneer iemand ons vra hoe dit gaan, antwoord ons met 'n: "Dit gaan goed, maar vreeslik besig."

Dit lyk of ons ons waarde bepaal deur te beweer dat ons net soveel besiger as die volgende persoon is. Ons oorlaaide, oorweldigende skedules, gee ons eintlik 'n gevoel van trots, selfs 'n sin van identiteit.

Toe die kitskos kettingwinkel Chick Fil A besluit het dat dit Sondae gaan toebly, was almal geskok. Sondae was die dae wanneer kitskos restaurante die meeste geld gemaak het. Vandag, genereer die maatskappy meer wins per restaurant as enige ander kitskos-ketting in die VSA, en dit is net ses dae 'n week oop.

God eer ons wanneer ons Hom met ons tyd eer.

As ek en jy te besig is vir gebed, dan is ons eenvoudig te besig. As ons te besig is om die Bybel te lees, dan is ons eenvoudig te besig.

Miskien moet ek en jy ons prioriteite herrangskik, sodat ons tyd kan maak vir die dinge wat belangrik is en nie bloot dit wat dringend is nie.

Kom nader

Genadige God, ek bewonder die feit dat U nooit te besig is vir my nie. Die Skrif sê dat u oor tot my gerig is. Help my om te besef dat om te besig te wees eerder as om tyd met U deur te bring, my in der waarheid uitput en my dreineer van lewe en energie. Help my, Vader, om altyd tyd met U te prioritiseer. Amen

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest In A Busy World

Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.  

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.susannarjala.com