Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld

Finding Rest In A Busy World

DAG 4 VAN 9

Maria het by Jesus se voete gesit, ten spyte van wat ander van haar gedink het. As 'n vrou in die Joodse tradisie, was sy veronderstel om op die agtergrond of in die kombuis te wees. Sy was nie veronderstel om by die mans te sit en na hierdie Rabbi te luister nie. Tog het sy gekies om Jesus te prioritiseer bo sosiale bepalings en ander se menings. 

Die apostel Paulus praat van dieselfde houding in Galasiërs 1:10 wanneer hy vra: "Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie."

'n Paar dae voor Jesus se begrafnis, het dieselfde Maria 'n bottel kosbare parfuum, waarvan die waarde 'n jaar se loon was, gebreek en oor Jesus se voete uitgegiet. Volgens sommige skattings, sou daardie parfuum vandag derduisende rande werd wees.

Sy het geweet dat sommige mense dit nie sou wou toelaat nie. Maar sy het dit in elk geval gedoen.

Sy was onvoorwaardelik in haar liefde vir Hom. Sy het Hom aanbid. Nie 'n informele wat-is-volgende-op-die-agenda aanbidding nie. Maar 'n buitensporige aanbidding waar sy nie die koste bereken het nie. Dit was 'n eerbiedige aanbidding, 'n buitengewone aanbidding, miskien selfs 'n irrasionele aanbidding. Sy het nie na die horlosie of haar beursie of die mense om haar gekyk wat hulle vingers veroordelend geswaai het nie.

In plaas daarvan het sy na Jesus gekyk. Sy het Hom toegelaat om haar visie so te vul dat alles om haar vervaag het. 

Kom nader

Hemelse Vader, ek weet dat ek somtyds verbouereerd en gespanne raak, omdat ek op ander se verwagting of hul menings oor my fokus. Help my om eerder op U te fokus. Om U alleen toe te laat om my visie te vul en my in U te verheug. Ek weet daar is blywende vrede om te leef vir 'n Gehoor van Een. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest In A Busy World

Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.  

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.susannarjala.com