Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld
Maria het gekies om naby Jesus te wees, om aan sy voete te sit.
In teenstelling met Marta se versorging van die huismense, haar taaklysie en haar sin van regverdigheid, het Maria op die vloer gesit en na Jesus gekyk.
Haar hele houding was een van nederigheid. Haar lyftaal was: "Ek het U nodig, ja, ek het U nodig," eerder as: "Ek het dit als onder beheer."
In haar nederige vertroue in God, eerder as in haar eie vermoëns, het Maria die druk op haarself laat gaan.
Sy was die verpersoonliking van Psalm 46:11 — "Bedaar en erken dat Ek God is ..."
Wat beteken "bedaar"?
Die Hebreeus vir "bedaar" word vertaal om jou greep te laat gaan, om jouself swak te maak. Wat 'n bevrydende gedagte! In ons volkome afhanklikheid van 'n God wat ons nooit sal faal nie, vind ons vryheid.
Maria is 'n voorbeeld van rustige aanbidding, terwyl sy tot rus gekom, bedaar en by Jesus gebly het. Sy het in die wynstok gebly en besef dat sy niks sonder God kan doen nie.
Wat is dit waaroor ek en jy moet bedaar of laat gaan? Kan dit ons stywe greep op ons skedules wees? Kan dit wees dat ons moet ophou "ja" sê omdat ons dan net oorskiettyd vir God het?
Ons moet bedaar, sodat ons kan weet dat Hy God is. En ons nie.
Kom nader
Vader God, ek dank U vandag vir die voorbeeld van Maria, wat geweet het dat die beste plek om te wees, aan die voete van Jesus is. Help my God, om te bedaar en nie altyd mense en situasies te wil beheer nie. Help my om in U te bly en te weet dat u krag in my swakheid vervolmaak word. Amen
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.
More