Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 22 VAN 41

Lees: 2 Korintiërs 10:3-5, Romeine 12:2

SOAP: 2 Korintiërs 10:3-5

Het jy al ooit gedink hoe vrees 'n produk is van die wêreld waarin ons leef? Die eerste keer wat ons vrees in die Bybel sien, is nadat Adam en Eva ongehoorsaam was aan God. In Genesis 3:10, sê Adam vir God dat die rede hoekom hy weggekruip het toe God in die tuin gewandel het, was omdat Adam naak en bang was.  

Sedert Adam, hou ons aan om toe te laat dat ons gedagtes ons emosies en aksies beheer. Die Woord van God herinner ons hoe om ons angstige gedagtes te bowe te kom. Ons oorwin onwaarheid deur daagliks ons verstand te vernuwe. 

Paulus leer die Romeine oor transformasie deur die vernuwing van die verstand en hy beveel aan dat alle gelowiges deur hierdie proses gaan. 

Hoe dikwels neem jy tyd om toe te laat dat die Here jou geestelik vernuwe en laat jy toe dat jou gedagtes tot rus kom? Dikwels gaan ons na die Woord om te leer en nader aan God te kom. Maar ons vergeet die belangrikheid van geestelike toevlug. Hoe kan jy jou stiltetyd met die Here gebruik om jou gedagtes te vernuwe, om te help om jou te verander om jou meer soos Christus te maak? 

Vader God, dankie vir die wysheid van u Woord. Ek loof U vir die waarheid wat U in Christus openbaar. Ek bid dat U my die moed sal gee om die verskil tussen die waarheid en die leuens wat in my gedagtes is, raak te sien. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com