Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 12 VAN 21

'n Weduwee se Mag

Wees nou eerlik — het jy al ooit gedink God weerhou iets van jou as Hy nie jou gebed beantwoord soos jy dit wil hê nie? As jy ooit so gevoel het, is jy nie die enigste een nie. Op een of ander stadium in ons lewens het ons almal so gevoel, en dis geen verrassing vir God nie (of jy dit nou erken of nie, Hy weet dit alreeds)!

In plaas van om voor te gee dat jy nie so voel nie, wat daarvan as jy dit eerder erken en reguit in die gesig staar? Hoe geregverdig dié soort denke ook al klink, is dit net 'n subtiele leuen van die vyand wat hy al sedert die skepping vir mense vertel. Hy haal nie nuwe streke uit nie, die oues is nog steeds effektief! 

Sedert die skepping probeer die duiwel al om twyfel oor God se goedheid te skep. Dit is die grondslag van die heel eerste leuen in die tuin van Eden: God steek iets vir jou weg. Toe die duiwel, in die vorm van 'n slang, na Eva toe gekom het, het hy God bevraagteken en haar laat wonder of Hy regtig haar beste belange op sy hart dra en of Hy haar daarvan weerhou om iets goeds te ervaar.

Kan jy hom nie vandag so iets hoor sê nie: "As God werklik goed is, sal daardie storm oor die see verdwyn en ons nie tref nie"? Kan jy nie hoor hoe hy God kritiseer elke keer as iemand sterf, elke keer as daar 'n ongeluk of natuurramp is nie? Hy is die vader van leuens — en hy hou daarvan om te probeer om ons sover te kry om God te verkwalik.

In vandag se leesstuk sal jy sien hoe 'n weduwee vir haar regte baklei. Hierdie bejaarde dame weet wat om te doen — selfs met 'n onregverdige regter hou sy aan met vra … totdat sy kry wat sy nodig het. Die Bybel vra die vraag: as die weduwee geregtigheid van 'n onregverdige regter kon kry omdat sy aanhoudend gevra het, hoeveel te meer sal ons nie goedheid uit die hand van God ontvang nie, die enigste Een wat goed is?

As jy al ooit God se goedheid bevraagteken het, wil ek jou aanspoor om vandag se vas te gebruik om in gebed 'n antwoord vir daardie leuen te kry. Wees eerlik. Sê vir Hom hoe jy voel — en verwag dan om te hoor wat Hy daaroor te sê het. Ek verseker jou Hy wil graag hierdie misverstand uit die weg ruim. 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com