Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 11 VAN 21

Afdeling 3: Volhard

Hou Aan om te Vra

  

Al was dit dalk nie jou kind nie, is ek seker dat jy hierdie woorde al in 'n winkel gehoor het: "Kan ek dit kry? Asseblief? Asse-groot-asseblief?" As die ouer nie reageer nie hoor jy dit oor en oor!

Dit is irriterend, nie waar nie? Hoekom doen kinders dit?

Omdat dit werk.

Vandag leer ons van volharding. Soms bid mense net een keer oor iets en dink dis genoeg. Hulle doen 'n vinnige skietgebed en gaan aan met hulle dag.

In der waarheid kan ons 'n paar lesse leer van die kind in die winkel. (Nie om te kerm nie, maar om te volhard — om te vra en in geloof aan te hou vra.)

Wat gebeur as ons vra en dit nie kry nie? Ons raak mismoedig. Soms hou ons op met vra — of dink God behandel ons sleg of hoor ons nie, omdat Hy dit nie dadelik vir ons gee nie.

Ek wil iets anders voorstel. As jy dit nie dadelik kry nie, is God se antwoord nie: "Nee, jy kan dit nie kry nie", maar eerder: "Nee, dis nog nie gereed nie". 

Of dalk is jy nog nie gereed daarvoor nie. Of dalk sê God: "Ek het iets beters vir jou."

Sal dit jou manier van bid verander as jy besef dis nie die regte manier, die regte tyd of die regte ding vir Hom om op jou gebed "ja" te sê nie? Ek dink dit sal.

In vandag se leesstuk sal jy sien Jesus sê vir ons dat ons moet bid — en ons moet volhard in gebed. Hulle wat bid en aanhou bid, in geloof, sonder om mismoedig te word, ontvang antwoorde van God.

God is nie 'n towenaar wat net sy towerstokkie swaai en 'n paar uitgesoekte Christelike woorde spreek nie. God is soveel meer as dit, en as ons dink dat Hy 'n geestelike kelner is wat ons bestelling gaan neem, is dit 'n groot belediging.

As jy egter jou wil in nederigheid aan sy wil onderwerp, en jy het geleer wat Hy in sy Woord sê en jy vra spesifiek wat die Bybel sê, kan jy aanhoudend vra tot jy sy antwoord kry, sonder om moed te verloor. 

Ek sê natuurlik nie vir jou om 'n woedebui te kry soos die kind in die winkel nie, maar die volgende keer wanneer jy bid, onthou dat volharding 'n sleutel tot kragtige gebede is. 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com