Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 10 VAN 21

Here, Help!

Jakobus skryf dat ons nie het waarvoor ons vra nie omdat ons nie vir God daarvoor vra nie. Voel jy soms dat jy nie eens weet wat om te vra nie? Glo my, ek het al so gevoel!

Wanneer jy in daardie situasie is, is die antwoord eintlik baie eenvoudig: onderwerp jou dan aan God, staan die duiwel teë en nader tot God. Terwyl jy tot Hom nader in vas en gebed, vra Hom waarvoor jy moet bid

Soms is dit so eenvoudig soos: "Here, help!" Daar is egter vandag 'n kant van gebed wat nie altyd in gedagte gehou word nie: jy moet lank genoeg stil raak en luister en 'n antwoord van God verwag. 

Jakobus gebruik die voorbeeld van 'n gebed vir wysheid. Jakobus verduidelik dat as ons wysheid kortkom, ons dit van God moet bid — en dan moet ons 'n antwoord verwag! Ons is nie veronderstel om te twyfel of onseker te wees nie; ons is veronderstel om spesifiek te bid — en dan in afwagting te wag. 

Het jy al ooit 'n video gesien van hoe die see tydens 'n storm lyk? As jy twyfel of God gaan antwoord of nie, is jy soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. Jy sal twyfel en onseker wees in alles wat jy doen.

Hoe kan ons egter weet of ons volgens die wil van God bid sodat Hy ons sal antwoord? Bid wat in die Skrif staan. God het sy gedagtes, persoonlikheid en wil vir jou in sy lewende Woord geplaas en as ons sy woorde vir Hom terug bid, berei ons onsself voor om sy antwoord te ontvang.

Jy mag dalk om wysheid bid, soos in Jakobus se voorbeeld. Jakobus 1:5 sê: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." Bid dus só: "Here, ek kom wysheid kort. U Woord sê dat ek na U toe moet kom en vra en dan sal U vir my wysheid gee sonder voorbehoud. Dankie dat U vir my wysheid gee." 

Jy kan vinnig verse oor spesifieke onderwerpe in die Bybel naslaan, danksy tegnologie soos YouVersion se ontdek-funksie, wat dit maklik maak om "daar staan geskrywe" verse te vind wat met jou gebede ooreenstem. By www.fastlikedaniel.com, gebruik ek ook tegnologie om jou deur die Daniël vas te help deur middel van video's, bronne en 'n omvattende 21-dae oordenking wat jou sal help voorberei vir suksesse tydens jou Daniël vas. 

As jy bid: "Here, help", as gevolg van hierdie vas, mag dit op sigself 'n antwoord op gebed wees! 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com