Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 11 VAN 21

Hoe beweeg 'n mense se geloof berge?

Toe 'n verbaasde Petrus teenoor Jesus opmerk dat die vyeboom verdroog het, was Jesus se reaksie eenvoudig: "Julle moet geloof in God hê!" (Markus 11:22). Dit was 'n vriendelike berisping oor die dissipels se gebrek aan geloof in wat Hy sê. Sulke geloof glo in God se geopenbaarde waarheid, sy krag en streef daarna om sy wil te doen (sien 1 Johannes 5:14, Matteus 21:21).

Die uitdrukking wat Jesus gebruik: "hierdie berg ... in die see" (vers 23), was verwant aan 'n algemene uitdrukking in daardie tyd "om die berg op te tel," en is in Joodse literatuur gebruik met betrekking tot groot rabbi's en geestelike leiers wat moeilike probleme kon oplos, asof hulle die onmoontlike doen. Natuurlik het Jesus nie letterlik berge opgetel nie. Trouens, Hy het geweier om sulke sensasionele wonderwerke vir die ongelowige Joodse leier te doen (Matteus 12:38). Die punt wat Jesus wou maak, is as gelowiges opreg in God vertrou en werklik besef watter onbeperkte krag deur geloof in Hom beskikbaar is, sal hulle die werking van sy magtige krag aanskou (sien Johannes 14:13, 14).

"Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees" (vers 24). Hierdeur word geen perke op die gelowige se gebede geplaas nie, solank as die gebede volgens die wil en doelwit van God is. Daarom beteken dit dat 'n mens se geloof en gebede nie in teenstelling met God se opperheerskappy is. Dit is ook nie die gelowige se verantwoordelikheid om te probeer verstaan hoe dit waar kan wees nie, maar bloot om getrou en gehoorsaam te wees aan die duidelike onderrig oor gebed soos Jesus in hierdie gedeelte gee. Die wil van God word regdeur die geskiedenis van verlossing ontvou deur die gebede van sy volk — soos sy doel van verlossing gebeur deur die geloof van diegene wat die evangelie hoor en hulle bekeer. "Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking" Jakobus 5:16.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV