Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 10 VAN 21

Watter noodsaaklike komponent verwag Christus in ons karakters?

Om so reguit deur Christus met sonde in jou hart uitgedaag te word soos die dissipels in Markus 9:33, moes kragtig veroordelend en 'n verleentheid gewees het. Ons lees: "Hulle het egter niks geantwoord nie" (vers 34) — want hulle was sprakeloos oor sy vraag. Hulle was eintlik uitgevang omdat hulle gestry het: "oor wie van hulle die belangrikste is". Wat waarskynlik daartoe aanleiding gegee het, was die voorreg wat Petrus, Jakobus en Johannes gekry het om 'n getuie van die verheerliking op die berg te wees. Die dissipels se stryery beklemtoon dat hulle nie Jesus se nadruklike onderrig oor nederigheid (Matteus 5:3) en die voorbeeld van sy eie lyding en dood (verse 31, 32, 8:30-33) toegepas het nie. Dit het hulle selfs aangespoor om vir Jesus te vra om die saak te besleg, wat Hy gedoen het — maar nie soos hulle verwag het nie.

Jesus het gaan sit (vers 35) — dit was 'n gebruik van rabbi's om te sit wanneer hulle ander wou onderrig — en Hy het vir hulle gesê: "As iemand die eerste wil wees" soos die dissipels volgens vers 34 ongetwyfeld wou wees (sien ook 10:35-37), "moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees" (vers 35). Die dissipels se begrip van belangrikheid en leierskap volgens hulle kultuur, sou heeltemal omgekeer moes word. Dit is nie noodwendig dié wat weens hul posisie oor ander heers, wat in die koninkryk van God eerste sal wees nie: "Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste" (10:31, sien ook 43-45, Matteus 19:30-20:16, 23:11, 12, Lukas 13:30, 14:8-11, 18:14, 22:24-27).

Jesus het toe "'n klein kindjie" geneem — die Griekse woord dui 'n peuter of kleuter aan. As hulle in die huis van Petrus was, was dit moontlik een van sy kinders. In Jesus se meesterlike onderrig, het Hy die kindjie as 'n voorbeeld aan gelowiges voorgehou hoe hulle nederig en met die vertroue van kind moes wees.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV