YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 85 OF 364

Vraag 13: Wat beveel God in die agtste, negende en tiende gebod?

1. Wat beveel God in die agtste, negende en tiende gebod (Eksodus 20:15-17)? Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Ek moet niks sonder verlof vat nie. Ek moet nie lieg en bedrieg nie. Ek moet tevrede wees met wat ek het. Ek mag nie gierig of gewelddadig wees nie. Ek mag nie skelm of korrup wees, of valse verklarings aflê nie. Ek moet die waarheid opreg en in liefde praat, sonder afguns teenoor ander, en sonder om God te verkwalik vir sy voorsiening.

3. Die agtste, negende en tiende gebod van die wet fokus op die liefde vir jou naaste waar jy hulle belange op die hart dra. Verbeel jou ‘n wêreld waar niemand iets steel nie, waar almal altyd die waarheid praat, en almal tevrede is met wat hulle het. Hoe sal dit anders wees as nou? Hoe sal dit ‘n werklikheid word?

4. Lees die verhaal van Saggeus in Lukas 19:1-10. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. Hy het die tollenaar Saggeus in ’n vyeboom sien sit. Saggeus was baie ryk, want hy het mense bedrieg en van hulle gesteel. Jesus wou egter by hom tuisgaan. Saggeus het haastig afgeklim en Jesus opgewonde ontvang. Daarom het hy besluit om sy hele lewe te verander en vir Jesus gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.” Hy sou nou tevrede wees met wat hy het.

6. Die verhaal van Saggeus wys hoe ‘n mens reageer as Jesus jou verander. Oorweeg jou eie lewe in die lig van sy verhaal. Waar jy gesondig het, vra die Here om vergifnis en vernuwing. Waar die Here jou nuut gemaak het, loof Hom daarvoor. Volhard daarin.

Scripture

Day 84Day 86

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More