YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 90 OF 364

Wat beveel God in die agtste, negende en tiende gebod? — Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 110-113 hieronder. Wat leer jy van wat God van ons verwag in die agtste, negende en tiende gebod? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Heidelbergse Kategismus 110-113

110 Vraag: Wat verbied God in die agtste gebod?

Antwoord: God verbied nie slegs die diefstal (a) en roof (b) wat die owerheid straf nie, maar Hy beskou ook as diefstal al die skelmstreke en liste waardeur ons probeer om ons naaste se besittings in die hande te kry (c). Dit kan gebeur met geweld of 'n skyn van reg, soos deur die vervalsing van gewigte, lengtemaat, inhoudsmaat, goedere, (d), geld, deur woeker (e) of enige middel wat God verbied. Hy verbied ook alle gierigheid (f) en alle misbruik en verkwisting van sy gawes (g).

(a) 1 Korintiërs 6:10. (b) 1 Korintiërs 5:10; Jesaja 33:1. (c) Lukas 3:14; 1 Tessalonisense 4:6. (d) Spreuke 11:1; 16:11; Esegiël 45:9, 10; Deuteronomium 25:13. (e) Psalm 15:5; Lukas 6:35. (f) 1 Korintiërs 6:10. (g) Spreuke 23:20, 21; 21:20.

111 Vraag: Maar wat gebied God jou in hierdie gebod?

Antwoord: Ek moet die belange van my naaste, waar ek kan en mag, bevorder en hom so behandel soos ek wil he dat hy my moet behandel (a). Daarby moet ek ook my werk getrou doen, sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help (b).

(a) Matteus 7:12. (b) Efesiërs 4:28.

112 Vraag: Wat eis die negende gebod?

Antwoord: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê (a), niemand se woorde verdraai (b), nie 'n kwaadsteker of lasteraar wees nie (c), niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie (d). Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel (e) se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring (f) nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely (g). My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder (h).

(a) Spreuke 19:5, 9; 21:28. (b) Psalm 15:3; 50:19, 20. (c) Romeine 1:30. (d) Matteus 7:1; Lukas 6:37. (e) Johannes 8:44. (f) Spreuke 12:22; 13:5. (g) 1 Korintiërs 13:6; Efesiërs 4:25. (h) 1 Petrus 4:8.

113 Vraag: Wat eis die tiende gebod van ons?

Antwoord: Selfs die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God mag nooit in ons hart opkom nie. Ons moet altyd en heelhartig vyande van alle sonde wees en 'n begeerte tot alle geregtigheid hê (a).

(a) Romeine 7:7.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor wat God van jou met die agtste, negende en tiende gebod verwag.

Day 89Day 91

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More