Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? — 1 Johannes 1:6-10
Die hart van die boodskap van die vleesgeworde Seun van God is dat God lig is en dat daar in Hom geen duisternis is nie. Dit is tegelyk die inhoud van die boodskap aan die geloofsgemeenskap asook die maatstaf wat aangelê kan word om die valse profete se boodskap te beoordeel.
Jy kan nie met God in gemeenskap leef en die duisternis lief hê nie, sê Johannes, anders bedrieg jy net jouself en ander. Maar waar in verbondenheid met God en die geloofsgemeenskap geleef word, daar reining die Here Jesus ons van elke sonde. Daarmee verbind Johannes heiligheid direk aan God se genade wat binne die geloofsgemeenskap werk. Reinheid is nie iets wat ’n mens net êrens op jou eie beleef nie, maar iets wat binne die geloofsgemeenskap gestalte kry.
Dit beteken dat ’n mens déél van die geloofsgemeenskap moet bly, nie jouself moet mislei deur aan ander te verkondig dat jy sondeloos is nie en eerder eerlik jou sondes erken sodat die reinigende werk van die Here Jesus binne die geloofsgemeenskap ons van alle kwaad kan suiwer. Dit is die belofte van die Here: “Hy is getrou en regverdig” en sal “ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad suiwer”, soos vers 9 direk vertaal kan word. Waar ons egter ons sonde ontken, mislei ons onsself en maak ons God self tot leuenaar en is sy Woord nie meer aktief aan die werk in ons nie.
1. Jesus wys hoe radikaal die eis tot gehoorsaamheid eintlik is. Ons optrede moet die waarheid weerspieël. Ons moet in die lig lewe. Anders beteken dit dat sy Woord nie ‘n plek in ons lewe gekry het nie. Dit is waarvoor die bloed van Jesus ons nie net verlos nie, maar ook skoon maak van alles wat verkeerd is. Watter boodskap het dit vir jou?
2. Verootmoedig jou voor die Here en bely jou sonde. Vra die Here om jou heeltemal skoon te maak.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die belangrikheid van ‘n oop verhouding met God sodat Hy jou volledig kan skoonmaak.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Johannes 1 met die tema: Die vleesgeworde Seun van God reinig ons van elke sonde.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![Multiplying the Gospel // Gospel X - Multiplying the Message](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54680%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Multiplying the Gospel // Gospel X - Multiplying the Message
![The Bible for Young Explorers: Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55190%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Numbers
![Creating a Culture of Gospel Multiplication // Gospel X - Multiplying the Gospel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55067%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Creating a Culture of Gospel Multiplication // Gospel X - Multiplying the Gospel
![The Bible for Young Explorers: Deuteronomy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55189%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Deuteronomy
![He Gets Us: What Is Greatness?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55161%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
He Gets Us: What Is Greatness?
![Healing in Jesus' Name – Through Your Hands](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55172%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Healing in Jesus' Name – Through Your Hands
![The Bible for Young Explorers: Exodus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55167%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Exodus
![Ears to Hear (S3-E7)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54165%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ears to Hear (S3-E7)
![The Bible for Young Explorers: Leviticus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55166%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Leviticus
![The Way to Follow Jesus According to the Gospel of Luke](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54844%2F320x180.jpg&w=640&q=75)