YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 87 OF 364

Wat beveel God in die negende gebod? — Efesiërs 4:25-5:5

Dit is interessant vir my dat Paulus se appèl op ‘n heilige lewe (vers 24) gebaseer is op wat God reeds vir hulle gedoen het (vers 20), en wat in die kerk se groei na Christus toe geïllustreer word (vers 15-16).

Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges kan word nie. Hy sê in teendeel: julle is deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges — tree dan op as mense van wie dit waar is. Dit is ómdat ons die Here leer ken het, en ómdat ons in ‘n gemeenskap van gelowiges tereg gekom het, dat ons eintlik nie anders kan as om regtig te breek met die ou sondige mens in ons, en ons gees en gedagtes nuut kan word.

Paulus brei hier uit op hoe só ‘n lewe lyk. En hy fokus op baie praktiese aspekte:

·Om die waarheid te praat, veral omdat ons een familie is (vers 25);

·Om nie te sondig as jy kwaad raak, en veral nie lank kwaad te bly nie (vers 26-27);

·Om hard te werk sodat jy iets het om die armes mee te dien (vers 28);

·Om opbouende gesprekke te voer (vers 29);

·Om die Heilige Gees toe te laat jou lewe te beheer (vers 30);

·Om niks te doen wat sleg is nie (vers 30);

·Om goedgesind en hartlik te wees (vers 32);

·Om in liefde te lewe, soos God dit vir ons ‘n voorbeeld gegee het (5:1-2);

·Om soos heiliges (dit is die Griekse woord wat met gelowiges vertaal is) te lewe (5:3-5).

1. Paulus brei hier uit oor die dieper interpretasie van waarskynlik die hele tweede tafel van die wet. Die toepassing van die sesde, agtste, negende, en tiende gebod is redelik duidelik. Wat tref jou van Paulus se lering?

2. Paulus motiveer ons hier op twee maniere om in ooreenstemming met die wet op te tree. Die feit dat ons lede van dieselfde liggaam is. En die feit dat die Heilige Gees in ons woon. Hoe help dit jou om gehoorsaam te lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan ons gedeelde waardes as liggaam van Christus en aan die feit dat die Heilige Gees in jou woon. Dit is Hy wat jou help om gehoorsaam te wees.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Efesiërs 4:17-5:20 met die tema: Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef.

Day 86Day 88

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More