Wie Is God?Sample
Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14
Die Prediker het klaar gepraat. Die redakteur neem nou oor en gee twee afsluitende perspektiewe in vers 9-11, en 12-14. Die eerste is sy opsomming van wat die Prediker gesê het. Die tweede is waarskynlik sy eie onderrig, dié boodskap wat die redakteur aan sy nageslag wil aangee as die geheim van die lewe.
In twee opsommings — “die belangrikste van alles”, en “die slotsom van alles” — gee die redakteur gestalte aan sy eie wysheid.
Die belangrikste — van alles — wat hy vir sy seun wil deurgee, is om versigtig te wees vir te veel studie en skryfwerk … dit ooreis die liggaam. Ek hoor daarin so ’n tong in die kies relativering van die neergepende wysheid van die Prediker, die werk wat hy as redakteur so pas voltooi het! Daarmee relativeer hy die Prediker se werk, sowel as sy eie redakteurswerk, en plaas dit ondergeskik aan die tweede opsomming wat hy gaan gee.
En hierdie tweede slotsom — van alles — is om in ontsag (vrees) vir God te leef — wat rekenskap eis oor alles wat gedoen word, goed of kwaad — en te doen wat Hy vra. Godsdiens, sê hy daarmee, moet altyd met dié twee perspektiewe werk: om in afhanklikheid van en met ontsag vir God te leef, en om prakties te wees in jou gehoorsaamheid aan wat God vra.
1. Die Prediker som sy hele betoog oor die lewe op met hierdie waarheid. Dit is waar die geestelike lewe begin. By die dien van die Here soos Hy Homself aan ons in die Skrif openbaar. Dink na oor die waarde wat die Skrif vir jou het.
2. As God nou van jou rekenskap sou vra, hoe sou jy vaar?
3. Lees die gedeelte later vandag weer om jou gehoorsaamheid aan die Skrif te bevestig.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Prediker 12:9-13 met die tema: Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder.
Scripture
About this Plan
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More