YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 59 OF 364

Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4

Daar is net een manier om die Christelike lewe te leef, en dit is deur die Gees. Geen wonder Hy word 20 keer genoem in Romeine 8 nie! ’n Oorwinnende Christelike lewe kan nooit deur die wet gebeur nie, daarvoor is ons sondige vlees te swak. Dit kan net wees deur ’n daaglikse oorgawe aan die beheer van die Gees waardeur ’n einde gemaak word aan ons sondige praktyke (8:13). ’n Mens kan selfs sê soos Paulus dat daar ’n nuwe wet is, die wet van die Heilige Gees (8:2).

Hiermee sluit Paulus aan by ’n hele paar OT profete wat reeds ’n paar 100 jaar tevore verkondig het dat ware verandering net deur God self kan kom. Jeremia het daaroor gepreek in Jeremia 31:31-34, Esegiël het dit aan die ballinge verkondig in Esegiël 11:19-20, en Jesaja laat ook van hom hoor in Jesaja 65:17-25.

Maar, en dit is baie belangrik, hierdie werk van God word nie ’n werklikheid vir ons sonder dat ons ons daarop toelê nie.Ons het ’n verpligting om deur die Gees ’n einde te maak aan ons sondige praktyke, iets waarop Paulus in hoofstuk 12 en verder aan weer sal terugkom.

1. God het ons aan die Here Christus Jesus verbind om ons deur die Gees vry te maak van die greep van die sonde. Dink spesifiek na oor wat die wet nie kan doen nie, sowel as wat ons deur die Gees nou in staat is om te doen met die wet.

2. Loof die Here dat daar nou geen veroordeling is vir dié wat in Christus Jesus is nie. Verbind jou aan die lewe volgens die Gees sodat jy aan die vereistes van die wet kan voldoen.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die Gees se werk in jou lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 8:1-17 met die tema: Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Scripture

Day 58Day 60

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More