YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 14 OF 14

Hernu jou krag

’n Man het eenkeer tydens ’n gebedsbyeenkoms vir my gesê: “Ek is moeg.” Dit was ’n jong boer en dit was ʼn lang jaar. Ek het vir hom gesê: “Hou aan hardloop.” Die lewe is immers soos ’n ultra-maraton. Die Comrades-maraton is byna 90 kilometer lank; dit is die wêreld se langste en oudste ultra-maraton. So is die mens ook in ’n maraton; ons is eintlik besig met die wedloop van ons lewe.

Dit is nou tyd dat ons ernstig na Jesus kyk, op Hom wag, ons krag hernu en soos arende vlieg. Ons kan nie meer bekostig om uitgeput te wees nie, ons moet voortgaan en vertrou dat die Here ons sal deurdra. Jy wonder dalk hoe ons dit gaan regkry. Doodeenvoudig omdat Jesus in Johannes 14:6 sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” As jy jou oë op die Here gefokus hou, sal Hy jou deurdra.

Day 13

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy