YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 12 OF 14

Hou aan!

Ons moet aanbeweeg en die volgende ding doen. Wat beteken dit? As ek dink aan Elisabeth Elliot, die weduwee van die sendeling Jim Elliot, wat gesterf het terwyl hy die evangelie in Ecuador verkondig het, onthou ek haar woorde oor aanvaarding. Ons moet opstaan en aangaan, in plaas daarvan om onsself te bly jammer kry.

Dalk gaan jy op die oomblik deur ’n baie slegte tyd. Dalk het ’n geliefde gesterf, of jy het jou werk verloor, of jou besigheid is bankrot. Ek weet nie waardeur jy gaan nie, maar die Here sê: “Moenie moeg word en moed verloor nie.” Ons moet aanvaar dat hierdie wêreld nie volmaak is nie. Hierdie wêreld is nie ons woning nie, ons is bloot op pad daardeur na ons ewige bestemming. Daar is ook geen omdraai nie. Ons kan nie teruggaan Egipte toe nie; die Here het ons daaruit bevry. Ons moet aangaan.

Een van my gunsteling verse in die Bybel is 2 Korintiërs 12:9: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Ek is dus sterk juis wanneer ek swak is (2 Korintiërs 12:10). Ek en jy ken dalk nie altyd die antwoord nie, maar ons ken die Here.

Ek en jy moet bly voortgaan. Ons moet die volgende ding aanpak. Ons moet voortgaan en op die Here vertrou – Hy sal ons deurdra.

Day 11Day 13

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy