YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 10 OF 14

Wie vertrou jy?

Dawid se manne het teen hom gedraai, want die vyand het na hulle kamp toe gekom en hulle vroue en kinders ontvoer. Mense kan nie altyd vertrou word nie. Dawid se manne het saam met hom geveg, maar die oomblik toe dinge moeilik raak, wou hulle hom met klippe doodgooi. In wie plaas ek en jy vandag ons vertroue? Dawid het sy vertroue in God geplaas en nie in mense nie.

Petrus het in Markus 14:31 vir Jesus gesê: “Al moet ek saam met U sterf – ek sal U beslis nooit verloën nie!” Maar Jesus het vir Petrus gesê: “Glo My, Petrus, vannag nog, voor die tweede kraai van die haan, sal jy drie keer ontken dat jy my dissipel is” (Markus 14:30). En natuurlik weet ons dat al die dissipels Jesus in die steek gelaat en gevlug het (Markus 14:50).

Ons kyk vandag om ons rond en sê: “Here, wie kan ons vertrou?” Die mense vir wie ons die heel liefste is, is dikwels die mense wat ons verraai en selfs teen ons draai. Ons kan ons hoop slegs in die lewende God stel.

Jesus sal nooit sy rug op jou keer nie, veral nie wanneer jy in ’n hewige stryd gewikkel is nie. Jy veg dalk teen siekte, ongesonde verhoudings of werkloosheid, maar Hy sal jou nooit verlaat nie. Onthou die woorde van Hebreërs 13:6: “Die Here is my hulp; daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan ’n blote mens my aandoen?”

Scripture

Day 9Day 11

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy