YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 13 OF 14

Geloof wat berge versit

Die beskrywing van mense wat aan die onderste rand van Jesus se kleed geraak het, laat my dink aan die vrou wat vir 12 jaar aan bloedvloeiing gely het (Markus 5:25-34). Geen dokter kon haar help nie, maar sy het gedink: “As ek net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word” (Markus 5:28). En sy was reg.

Daardie vrou het haar pad tussen die mense deur oopgeveg. Sy was nie bereid om hierdie kans mis te loop nie. Sy het haar hand uitgesteek en aan die soom van Jesus se kleed geraak. Jesus het omgedraai en vir haar gesê: “My dogter, omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword. Gaan in vrede en wees vir altyd genees van jou kwaal” (Markus 5:34). Jy sê dalk: “My geloof is nie so groot nie.” Wel, jy het net geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie nodig om daardie berg in jou lewe te beveel om pad te gee, en dit sal (Matteus 17:20).

In wie stel jy vandag jou vertroue? Jou bankbalans? Ons gesondheidstelsel? Vertrou jy op die weer? Dink aan Job: Hy het so te sê alles verloor, en steeds het hy op God vertrou. Job sê self: “Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie, ek moet my saak vir Hom stel” (Job 13:15, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Dít is die soort geloof waarna Jesus vandag soek.

Bring vandag tyd saam met Jesus deur, en deur geloof sal Hy in elke behoefte voorsien wat jy na Hom toe bring.

Day 12Day 14

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy