YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 1 OF 14

Op wie vertrou jy?  

Ons kan altyd op Jesus vertrou. Gister, die Skepper van die hemel en die aarde; vandag, die Een wat verlossing aanbied vir almal wat glo; en vir ewig, die Een wat in die hemel regeer.

As jy Jesus Christus vandag liefhet, is jy in ’n wen-wen situasie. Paulus het gesê: “Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins” (Filippense 1:21). Waar is jou fokus? Fokus jy op moeilike omstandighede, soos die onlangse Covid-19-pandemie, of fokus jy op Jesus Christus?

Ek het baie jare terug by die Kings Park-rugbystadion in Durban gepreek. Die El Niño-verskynsel het ’n erge droogte in die land veroorsaak. Boere is aangeraai om nie te plant nie omdat dit daardie jaar nie sou reën nie. Hierdie omstandighede het baie vrees en onsekerheid tot gevolg gehad. Ek het voor al die mense gestaan en gesê: “Ek gaan terug plaas toe. Ek gaan aartappels plant en my oë gevestig hou op die Getroue Een, die Reënmaker, nie op die leuens van die duiwel nie.”

Ek het huis toe gegaan en selfs grond by die bure gehuur. Ek het in geloof mielies en aartappels geplant. Sommige van my bure was bekommerd oor my en het my afgeraai om dit te doen, maar ek het my oë op die Getroue Een gevestig gehou. Dit het soms glad nie gereën nie, maar die mielies en aartappels het oorleef. God het vir ons ’n goeie oes voorsien – nie omdat ons goeie boere was nie, maar omdat ons op Hom vertrou het.

Vertrou vandag net op Jesus, hou jou oë gevestig op Hom, hou aan vorentoe gaan in die geloof, en Hy sal vir jou die uitkoms gee.

Scripture

Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy