YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 5 OF 14

Laat die Leeu uit

Ons moet onthou dat God is. Hy is die Alfa en die Omega (Openbaring 22:13). Hy is die Begin en die Einde. Hy hou alles in sy hand. Hy is die God wat ons sal beskerm wanneer ons voortdurend ons vertroue in Hom plaas.

Charles Spurgeon het gesê dat God se Woord soos ’n leeu is, omdat ’n mens dit nie hoef te verdedig nie. Dit laat my dink aan ’n klein seuntjie wat elke dag dieretuin toe gaan om na ’n groot mannetjiesleeu te gaan kyk wat heen en weer in sy hok loop. Toe kom daar eendag stout seuntjies wat hierdie leeu met klippe gooi. Die seuntjie was so lief vir die leeu dat hy voor die leeu gaan staan het om hom teen die klippe te probeer beskerm. Al wat die seuntjie eintlik moes doen, was om die hek van die hok oop te maak.

Ons probeer te dikwels resultate behaal deur dit wat ons doen, terwyl ons eintlik moet toelaat dat God dit doen. 1 Korintiërs 2:9 sê: “Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie – dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet.”

Onthou vandag, al wat jy moet doen, is om die Leeu uit die hok te laat, en Hy sal jou beskerm!

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy