YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 6 OF 14

Lewe deur geloof

Op die plaas leef ons deur geloof, en vertrou dat die reën op pad is. Dit het al vir ons ’n manier van leef geword. Ek hoop dit het vir jou ook al ’n lewenswyse geword, want ons weet ons gaan dit nie sonder geloof maak nie. Ons lees immers in Hebreërs 11:6: “As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.”

Jou geloof moet eenvoudig wees. Dit moet op die man af wees en spruit uit jou daaglikse wandel met die Vader. Geloof is nie net ’n woord nie, dit is jou hele lewe. As jy deur geloof leef en God vir alles vertrou, sal Hy jou nooit verlaat nie. Hy sal altyd by jou wees.

Jy wonder dalk hoe jy geloof kan kry. Wel, volgens Romeine 10:17 volg geloof “uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking”. Lees die Bybel en bring tyd deur in God se teenwoordigheid. Dan sal jou geloof meer word. Dit sal jou in staat stel om in moeilike omstandighede op God te bly vertrou en alles wat jy nodig het van Hom te verwag.

Day 5Day 7

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy