YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 11 OF 14

Vind vrede in Christus

Die wêreld waarin ons vandag leef, is dikwels vol uitdagings en moeilikhede. Ou sekerhede voel nie meer so seker nie en die dinge wat vasgestaan het, wankel skielik. In tye wanneer mense deurmekaar en angstig voel oor wat rondom hulle gebeur – siekte, onrus, geweld – moet jy elke bietjie geloof wat God vir jou gegee het verantwoordelik gebruik. Let op wat jy sê – as jy niks goeds kan sê nie, bly eerder stil. Moenie bydra tot die vrees en desperaatheid wat mense ervaar nie. Jy moet ’n voorbeeld wees van God se liefde vir ander en jou vertroue in die Here Jesus stel.

Ons moet ons sekerheid in God vind, wat sê: “Wees stil en weet Ek is God” (Psalm 46:11). Onthou dat God almagtig is, Hy is in beheer. Hy belowe om vir ons te sorg en ons te beskerm as ons in Hom glo en op Hom vertrou. Jesus sê dat ons vrede in Hom kan vind, want Hy het reeds die oorwinning oor sonde behaal.

Ek bid vandag vir jou, en ek vertrou dat jy vandag in die wêreld sal uitgaan met die wete dat Jesus voor jou uitgaan en dat niks jou kan seermaak nie – geen siekte en geen ervaring kan jou in jou geloof laat wankel nie. Mag jy vasstaan in die wete dat ons Here elke oomblik van elke dag by jou is.

Mag God jou vandag seën in alles wat jy doen.

Scripture

Day 10Day 12

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy