YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 7 OF 14

Waag dit om groot dinge te doen

Vandag se vers bevestig weereens dat ons moet vorentoe gaan. Ons kan nie aanhou om om dieselfde berg te gaan nie. As jy nie vorentoe gaan nie, gaan jy eintlik agteruit.

Ons moet altyd aan Filippense 4:13 dink: “Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.” Hierdie vers was geborduur op Fidji se sewesspan vir die Wêreldbekertoernooi van 1997. Dit is nie toevallig dat hulle skynbaar altyd die wêreldkampioene is nie. Ons moet ons hele uitkyk verander. Ons gaan nou al lank genoeg om dieselfde berg. Ons moet ophou uitstel en die Here vir ons toekoms vertrou.

Die Engelse sendeling William Carey het gesê: “Verwag groot dinge van God. Waag dit om groot dinge vir God te doen.” Onthou, hoe donkerder dit buite is, hoe helderder skyn die sterre. Onthou, ons moet deur geloof leef en nie deur te sien nie (2 Korintiërs 5:7).

Het jy al van die Skotse koning Robert gehoor? Sy vyand was besig om die oorhand oor hom te kry en hy het in ʼn grot weggekruip. Terwyl hy in die grot was, het hy gesien hoe ’n spinnekop ’n web probeer spin. Die spinnekop het aanhou val, maar hy sou keer op keer weer opklim en sy web probeer spin. Robert het besef dat as hy sou uithou en aanhou, hy die geveg kan wen. Hy het die grot verlaat, aanhou veg en oorwin.

Ons moet altyd voortgaan. Ons het lank genoeg tyd by die berg deurgebring. Vertrou God en hou uit terwyl jy vorentoe beweeg. Gaan uit en waag groot dinge vir God – Hy sal vir jou die oorwinning gee.

Day 6Day 8

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy