YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 4 OF 14

Wees heilig

Heiligheid is die resultaat van gehoorsaamheid. Wanneer ons gehoorsaam is aan God, word ons outomaties heilige mans en vroue. Dit is natuurlik baie makliker om heilig te wees wanneer dit goed gaan, nie waar nie?

Dit is hoekom Job vir my so ’n merkwaardige man is. Hy is swaar beproef en het alles verloor wat hy besit het, maar “in alles wat gebeur het, het Job nie gesondig nie en God nie verwyt nie” (Job 1:22). Job het God bly vertrou, ongeag sy omstandighede.

Op die ou einde het God Job se gehoorsaamheid beloon. Hy het vir Job nog meer gegee as wat hy voorheen gehad het.

Ons moet net aanhou doen wat God van ons vra en Hom vertrou. Dit maak nie saak wat ander mense sê of dink of in watter situasie jy jou bevind nie. Die Here sê dat slegs dié wat heilig is Hom eendag sal sien. Hou net aan om een voet voor die ander te sit, bly gehoorsaam aan God, en Hy sal tot aan die einde by jou wees.

Day 3Day 5

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy