YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Wat Ek Nodig HetSample

Alles Wat Ek Nodig Het

DAY 2 OF 14

Hou aan glo

Ons lewe in gevaarlike tye. Die Covid-19-pandemie het alles deurmekaar kom maak. Die politieke situasie is onseker. Die ekonomie lyk beroerd. Die arbeidsmark is plofbaar. Mense is werkloos en honger. Ons kan nie meer besluiteloos wees nie. Dit is tyd om ons geloof te begin leef. Ons moet vasstaan in die beloftes van God. Ons lees in Filippense 4:13: “Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.”

Die wenner in die bokskryt is nie die een wat die hardste kan slaan nie. Nee, dit is die een wat aanhou opstaan. God het nooit belowe dat ons lewe maklik en sonder probleme gaan wees nie. Hy het egter belowe dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie. Ons sal daarom met God se hulp alles oorkom en sukses behaal.

Ek het baie jare terug die lewensverhaal van Robert Le Tourneau, Mover of Men and Mountains, gelees. Hy het skool in graad ag verlaat, maar vir Jesus ontdek. Deur sy geloof in God het hy die reus in grondverskuiwingsvoertuie geword deur al sy uitvindings. Hy het later alles aan Caterpillar verkoop. Hy het God liefgehad en nooit opgegee nie. Robert het 90% van sy inkomste aan God gegee en was steeds ʼn multimiljoenêr.

Ons kan nie oorwin as ons huiwer nie. Plaas vandag jou vertroue in Jesus en Hy sál jou ondersteun. As iemand vir jou sê: “Dit kan nie gebeur nie,” moet jy sê: “Maar God … ” Wanneer iemand vir jou sê: “Jy sal dit nooit regkry nie!” sê jy: “Maar God … ” Jy sal oorwin.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Alles Wat Ek Nodig Het

Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buc...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy