Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Krag uit die WoordMuestra

Krag uit die Woord

DÍA 7 DE 7

DIE KRAG VAN BO

Die Gees was nie ’n krag in die dissipels wat deur hulle besit kon word nie. Hy het húlle besit, en hulle werk was die werk van Christus. Hulle hele ingesteldheid was een van voortdurende afhanklikheid, gebed en vaste vertroue. Hulle het geleer om Christus intiem te ken. Hulle het Hom in die krag van sy opstanding geken en daardie opstandingslewe in hulle harte ervaar.

Ons moet met niks minder nie as die inwonende lewe en krag van die Heilige Gees tevrede wees. Hy openbaar Jesus aan ons as die enigste weg en waarheid.

Hierdie oordenkings is geneem uit KRAG UIT DIE WOORD deur Andrew Murray © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Escrituras

Día 6

Acerca de este Plan

Krag uit die Woord

Elke gelowige het krag nodig. Waar kan hierdie krag gevind word? Andrew Murray sê ons moet bid dat God ons deur sy Gees sal leer om in sy almagtige krag te glo. Wanneer ons op Hom vertrou as ons enigste uitweg in enige situasie kan ons die inwonende lewe en krag van die Heilige Gees elke dag ervaar.

More