Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Krag uit die WoordMuestra

Krag uit die Woord

DÍA 2 DE 7

DIE LIG VAN GOD

Die son kom elke oggend op sodat ons in sy lig kan lewe en ons dagtaak met vreugde kan verrig. Die son skyn die hele dag op ons neer, of ons nou daaraan dink of nie. God se lig skyn ook elke dag op sy kinders. As ons die lig van God se aangesig wil geniet, moet ons ons siel na Hom wend en Hom vertrou om sy lig daarop te skyn.

Glo dat dit jou Vader se vurige begeerte is dat jy die hele dag in sy lig sal bly en jou daarin sal verheug. Te midde van moeilikhede sal God se lig voortdurend op jou rus.

Escrituras

Día 1Día 3

Acerca de este Plan

Krag uit die Woord

Elke gelowige het krag nodig. Waar kan hierdie krag gevind word? Andrew Murray sê ons moet bid dat God ons deur sy Gees sal leer om in sy almagtige krag te glo. Wanneer ons op Hom vertrou as ons enigste uitweg in enige situasie kan ons die inwonende lewe en krag van die Heilige Gees elke dag ervaar.

More