Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Krag uit die WoordMuestra

Krag uit die Woord

DÍA 3 DE 7

ALTYD IN SY TEENWOORDIGHEID

Die Vader stel hoë eise aan ons geloof. As ons in Abraham se voetspore wil volg, sal ons ook alles moet agterlaat om in die land van geestelike belofte te gaan bly met slegs sy Woord om aan vas te hou. Daarvoor benodig ons ’n diepe besef dat God die Almagtige is wat sy voornemens sal uitvoer.

Dit vereis ’n lewe wat deurentyd in sy teenwoordigheid bly. Buig in aanbidding voor God neer totdat Hy met jou praat. Dáár word die krag gebore om Hom vir alles te vertrou wat Hy beloof het.

Escrituras

Día 2Día 4

Acerca de este Plan

Krag uit die Woord

Elke gelowige het krag nodig. Waar kan hierdie krag gevind word? Andrew Murray sê ons moet bid dat God ons deur sy Gees sal leer om in sy almagtige krag te glo. Wanneer ons op Hom vertrou as ons enigste uitweg in enige situasie kan ons die inwonende lewe en krag van die Heilige Gees elke dag ervaar.

More