Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Krag uit die WoordMuestra

Krag uit die Woord

DÍA 5 DE 7

SY GEWELDIGE GROOT KRAG

Wat ’n kragtige werking van God se mag, om Christus uit die graf op te wek en tot sy troon te verhef. Dit is daardie selfde krag wat elke dag in ons werk.

Christus is die waarborg van alles wat God elke oomblik in ons harte sal doen as ons leer om Hom te vertrou. Dit is deur daardie almagtige krag dat die opgestane en verheerlikte Christus as ons lewe en ons krag in ons harte openbaar kan word. Kom ons vertrou God om ons in staat te stel om elke dag hierdie opstandingskrag vir onsself toe te eien.

Escrituras

Día 4Día 6

Acerca de este Plan

Krag uit die Woord

Elke gelowige het krag nodig. Waar kan hierdie krag gevind word? Andrew Murray sê ons moet bid dat God ons deur sy Gees sal leer om in sy almagtige krag te glo. Wanneer ons op Hom vertrou as ons enigste uitweg in enige situasie kan ons die inwonende lewe en krag van die Heilige Gees elke dag ervaar.

More