Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 6 VAN 14

Die Here praat nie gereeld met 'n harde stem nie. Die Heilige Gees fluister dikwels. Die kere wanneer Hy ons sagkens vermaan, behoort ons dadelik daarop te reageer om moontlike versoeking te vermy. Net so moet ons, wanneer Hy sagkens 'n seën aandui, kies om te gehoorsaam en dit in geloof te aanvaar. Die Here herhaal nie altyd hierdie aansporing nie, dus moet ons bedag wees op sy stem en daarop reageer. 

Een laat somermiddag het ek 'n gewaarwording gehad wat my rigting doelgerig verander het. Verskeie van my kinders het na 'n klein Christenskool in die omgewing gegaan. 'n Lid van die beheerliggaam, wat ook 'n persoonlike vriend was, het my gevra om te oorweeg om die volgende kwartaal vir 'n pos aansoek te doen. 

Dit was onverwags. Ek onthou hoe ek gewik en weeg het terwyl ek met die foongesprek besig was. Eers het die negatiewe gedagtes gekom: ek het 'n kunsgraad. Ek het min kennis oor die skryf van leerplanne gehad. Ek het vir jare lank nie gewerk nie. Om klas te gee, sou beslis ons stabiele gesinsroetine ontwrig. Hierdie pos sou baie werk verg! Ek sou nie eens weet waar om te begin nie. Hoekom sou ek boonop dink dat ek gekies sou word bo ander bekwame onderwysers wat aansoek doen? 

Toe kom die moontlikhede: Wat as dit ons sou help om die kinders se skoolgeld te betaal? Selfs 'n klein inkomste sou die gesin se begroting help. Bowenal hou ek daarvan om klas te gee en kan dit goed doen. 'n Geleentheid soos dié sou 'n welkome uitdaging wees! As God my vir hierdie pos gekies het, sou Hy my nie ook die wysheid en krag gee om dit te doen nie? 

In daardie warboel van gedagtes het die Here met my gepraat. Dit was asof Hy sy hand op my skouer sit — net een keer, saggies. Dit was al. Hy het aangedui dat dit vir my 'n seën sou inhou as ek vir hierdie onderhoud gaan. 

Binne 'n maand is ek aangestel. Binne twee maande het die Here die visie vir die kursus aangedui. Teen die derde maand het ek aan die leerplan begin werk, met die studente begin gesels en, wonder bo wonder, die proses terdeë geniet. Ek weet nou dat ek nie die boek oor gebed sou kon skryf as ek nie daardie uitdaging aanvaar en vaardighede en selfvertroue opgebou het nie. So baie seëninge het op daardie stap van gehoorsaamheid gevolg. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer