Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 8 VAN 14

Diegene wat 'n begeerte het om in dieper gesprekke met die Vader te tree, moet leer om te wag — op sy wysheid, oppergesag, wil en tydsberekening vertrou. Hoekom vereis God soms dat ons moet wag? Hier volg 'n paar maniere hoe ons 'n volwasse gebedslewe kan hê, waarvoor ons soms te ongeduldig is om te wag.

As ek kon, sou ek die eerste beginsel met trompetgeskal en 'n rooi tapyt aankondig: dis 'n goeie idee om aan die begin van jou gebed vir God te wag, voordat jy met al jou versoeke kom. Op daardie oomblik bestee ons tyd saam met die Here om uit te vind wat op sy hart is. As ons wag, wys ons dat ons onderdanig is aan Hom en ontsag het vir sy wil. Ons het sy wysheid nodig om die regte dinge te vra. 

Toe die dissipels vir Jesus gevra het om hulle te leer bid, het Hy gesê: "... laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel" (Matteus 6:10). Ons kan ook ons gebedsversoeke begin deur vir Jesus te vra om ons te leer bid. Namate Hy sy wil — soos dit in die hemel is — aan ons bekend maak, kom ons in die regte gesindheid om ons versoeke na Hom te bring, sodat dit gegrond is op wat Hy graag vir ons wil gee. Op hierdie manier word die begeertes van ons harte ook terselfdertyd vervul. Hierdie manier van bid het vir 'n omwenteling in my gebedslewe gesorg. Ek beveel dit sterk aan dat jy God se wil bid. Op daardie oomblik, aan die begin van die gebed, wag ons vir die Here, die Wonderbare Raadsman, om te kom. 

Daar is ook tye wat ons eers na ons versoeke moet wag. Hierdie manier van wag sal van die tydstip in jou lewe afhang. Dis nie altyd tyd om te ontvang nie. "Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd" (Prediker 3:1). Die regte tyd sal wel kom, maar nie vóór dit tyd is nie. Dit is 'n dubbele seën as die antwoord op ons gebede op die regte tyd kom.

Laastens: die gewag kweek volharding, en volharding is kosbaar. Hulle wat daarna streef om volwasse en volkome te wees, moet die kronkelende, opdraande pad stap om dit te verkry. Die Bybel gaan so ver om te sê dat hierdie spanningsvolle proses gevier moet word! Ons verag dalk die spanning wat saam met uithouvermoë kom, maar later sal ons daardie ondervinding vir niks verruil nie. God seën ons deur ons nie die keuse te gee om die wagproses te vermy nie. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer