Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 10 VAN 14

Alhoewel sy hemel toe is jare voor ek getroud is, het ek baie stories oor my man se ouma Emma Bald Ekhoff gehoor. Haar nalatenskap was haar passievolle gebede. Een van haar vriende het gesê: "Emma se gebede is reguit hemel toe." Jy kan jouself voorstel hoe opgewonde ek een middag was, toe ek deur ou kartondose grawe waarin daar van Emma se kombuis ornamente was en ek op haar joernaal afgekom het! Ek het met verwagting die klein, bruin boekie oopgemaak en begin lees. Daar was 'n inskrywing vir amper elke dag van die jaar 1942. Ek het tot aan die einde gelees, dit toegemaak en gebêre. Hier is die hartseer feit: daar was nie veel in nie. 

3 Maart: "Het gestryk en sokkies gestop." 

8 Maart: "Almal is kerk toe. Douglas was hier vir aandete. Die wind het baie gewaai." 

9 Maart: "Het die kelder skoongemaak. Mooi dag. Het briewe geskryf." 

Interessant? Ja, want dit was die besonderhede van 'n middel-eeuse plaaslewe. Dit was net 'n geringe blik op gebeure. Die passievolste inskrywing van die jaar was: "Vandag is Dick (haar man) se verjaarsdag. Ek is so lief vir hom."

Oordink dit saam met my. Wat dink jy sou dit vir my beteken het om haar geliefde Bybelvers of haar doel vir die jaar te kon weet? Hoe waardevol sou 'n brokkie praktiese, Goddelike advies wees, of nog beter, wat sy van Jesus bewonder en hoekom sy Hom liefgehad het? Hoe wonderlik sou dit wees om net een geskrewe gebed te kon hê — net een

Emma se klein boekie is nou in my gedagtes en ek wonder: Sou sy iets anders geskryf het as sy geweet het hoe graag ek oor haar verhouding met God wou weet? Sou sy wou hê dat haar ervarings in gebed in my gebedeboek aangeteken moes word? Sy sou beslis. 

Sewentig jaar van nou af, as die kartondose van ons verouderde ornamente oopgemaak word, deur 'n geslag wat ons nog nie ontmoet het nie, wat sal hulle begroet? Is daar iets wat ons oor ons gesinne sou wou sê? Oor GELOOF? Is daar gebede in ons harte vir hulle wat na ons gaan kom?

Ons persoonlike gesprekke met God is waardevol — baie waardevol — en dit het die kragtige potensiaal om ons nageslag, wat ons nie sal ontmoet nie, aan te raak. 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer