Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 1 VAN 14

Een van my gunsteling herinneringe uit my kinderjare sluit my ouma Easley se wiegstoel in haar plaaskombuis in. Toe sy haar kombuis met rooi goed versier het, het sy besluit om die wiegstoel ook rooi te verf. Baie kere wanneer ek daar gekuier het, het ek kruisbeen op die stoel gesit en wieg en waargeneem, gewieg en geluister, gewieg en die tradisies van die kombuis met genot ingeneem. 

Ek kan nou nog my ouma in die knus kombuis sien werskaf, met stoom wat uit die kastrolle op die stoof trek en hoender wat in die elektriese braaipan op die kombuistoonbank gebraai word, terwyl sy aanhoudend gesels. Ouma het haar energie van mense af gekry. Sy het my liefgehad en ek het dit geweet en ek het haar met my hele hart liefgehad.

Ouma Easley is nou al vir baie jare in die hemel, maar die gesprekke wat ek in daardie wiegstoel gevoer het, bly my nog by en bemoedig my. Dit is deel van my erfenis.  

Etlike jare gelede het my ma Ouma se rooi wiegstoel vir my present gegee — ja, wel, ek het daarvoor gesmeek en sy het toegegee! Die wiegstoel is die fokus van my huis, 'n gerieflike plek om boeke te lees, tyd met familie en vriende deur te bring en my kleinkind te wieg. As ek nie daar sit nie, trek my hart met 'n punt soontoe. 

Net soos my plek op die rooi stoel vir genotvolle tye saam met ouma en haar geselsies gesorg het, en soos dit my naby aan die mense bring wat ek deesdae die meeste liefhet, net so bring Bybellees ons op die beste plek in die huis, as ons tyd saam met die Here deurbring. As ons nie saam met Hom sit nie, trek sy hart met 'n punt na ons toe. 

Jesus wil graag hê dat ons sy Woord bestudeer om uit te vind hoe lief Hy ons het en hoe ons vir Hom kan lief wees. Terwyl ons tyd saam met Hom en in sy geskrewe openbaring bestee, word sy gedagtes en doel vir ons bekendgemaak. Dié wat die Skrif ten volle aangryp, kan nooit dieselfde bly nie. Hulle wêreldsiening word vir altyd met sy lewe deurdrenk.  Jesus gebruik sy geskrewe woorde om 'n lewende erfenis op mense se harte te skryf. Wanneer Hy dit doen, word ons van heerlikheid tot heerlikheid verander. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer