Gesprekke Met GodVoorbeeld
Lank gelede, in die vroeë neëntigerjare, het Richard (my man) en ek begin om die moontlikheid te bespreek om na tien jaar se kerklidmaatskap van kerk te verander. Ons het verlang na 'n meer moderne manier van aanbidding en kon geen tekens van verandering sien waar ons was nie. Na baie maande het ons twee of drie kerke uitgesonder en was op die punt om te vertrek.
In die tussentyd het ons ingestem om 'n geestelike hernuwingsnaweek by te woon. Eers het die mans gegaan en twee naweke later, die vrouens. Ons was opgewonde oor die geleentheid om te gaan, spesifiek gedurende hierdie besluitnememingstyd.
Richard se 72 ure het 'n persoonlike herlewing teweeggebring. Ek kon dit op sy gesig sien toe hy die Sondagaand by die deur instap. Terwyl hy my alles vertel het, het ek ernstig begin uitsien na my opkomende byeenkoms.
Na 'n breedvoerige vertelling, het hy uiteindelik die onderwerp aangeraak wat hy diplomaties vir laaste gebêre het. Hy het verduidelik dat die Here dit baie duidelik aan hom gestel het dat ons nie die kerk moes verlaat nie, maar daar moes bly. Toe ek die regte woorde vind, het ek duidelik te kenne gegee dat die Here dit nog nie aan my geopenbaar het nie, en dat hy hom duidelik misgis het, waarop hy geantwoord het dat ons maar moes wag en sien.
Omtrent halfpad deur die laaste dag van my byeenkoms, het die Here met my ook gepraat. Die een oomblik was ek nog in die war en die volgende oomblik het ek alles duidelik verstaan: ons moes in ons kerk bly. Punt. My vooropgestelde idees het God se vaste wil soos 'n resieskar getref wat teen 'n staalreling bots.
Ek was siek van skok en hartseer en het hartstogtelik begin huil. Ek moes gehoorsaam wees. Die Here het verwag dat ons bly, maar op daardie oomblik kon ek nie God se rede verstaan nie. Na baie jare het ek eers die perspektief gekry en verstaan hoekom. In die tussentyd was ons gehoorsaam en het gebly.
Die gevolg was diep wonde in my verwaande houding, gevolg deur studiemateriaal oor nederigheid wat ek moes afhandel. Sommige van my mees gewaardeerde lewenslesse het ek hieruit geleer, omdat ek gehoorsaam was en gedwing was om dit te leer.
Tot my verbasing het ons kerk mettertyd 'n verandering ondergaan, in God se volmaakte tydsberekening. Nou weet ek uit ondervinding dat die Here enigeen kan verander — selfs vir my. Die wag vir herlewing in ons kerk was die moeite werd. Seëninge volg altyd op gehoorsaamheid.
Aangaande hierdie leesplan
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!
More