Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 7 VAN 14

Ek gebruik 'n deel van die somervakansie om doelwitte op te stel en leerplanne te bestel vir my kinders se tuisonderrig program. Die somer van 1999 was nie veel anders nie, behalwe dat ek swanger was met ons sewende kind. Ek moes alles haarfyn oordink voordat ek nie meer tyd sou hê om te dink nie. 

Na baie beplanning was daar nog een gewigtige besluit om te neem. Ons jongste kind, Samuel, wat net vier jaar oud was, het gesukkel om te praat. Ek het gedink dat spraakterapie hom sou help. Dit sou egter baie moeilik wees om sulke afsprake in te pas in ons besige skoolrooster. Ek moes egter wonder: wat as dít die jaar was waarin Samuel die vatbaarste sou wees vir sulke terapie en ek te lui was om hom te vat? 

Ek onthou baie goed die Saterdagmiddag toe ek gaan stap het om met die Here te gesels. Ek het vir Hom gesê: "Ek moet weet of Samuel hierdie jaar nog spraakterapie moet kry en of dit nog 'n jaar kan wag, totdat hy vyf is? Dit was so eenvoudig en spesifiek. Stilte het gevolg, maar ek was nie mismoedig nie. Die Here sou vir my wys wat om te doen. Ek het dit geweet, want Hy het nog altyd. Ek het afwagtend voortgegaan.

Die volgende dag was Sondag, en ons gesin was soos gewoonlik in die kerk. Toe die preek begin, het ons pastoor, Jessica Moffatt, ons verras deur in die paadjie afgestap te kom, aangetrek soos Susanna Wesley (John Wesley, die stigter van die Metodiste kerk, se ma). In die monoloog wat gevolg het, het sy beskryf hoe dit was om 'n ma van 19 kinders te wees! Sy het haar afhanklikheid van God beskryf, en toe haar kommer oor haar seun Samuel uitgespreek. Ek het regop gesit. "Susanna" het verduidelik dat Samuel Wesley vyf jaar oud was en nog nooit 'n enkele woord gepraat het nie. Een dag het hy net ewe skielik in volsinne begin praat.

Terwyl ek in die derde bank van voor sit en luister, het ek duidelik die Here se stem gehoor: "Dis nie nodig vir Samuel om te praat voordat hy vyf is nie. Wag tot volgende jaar om hom spraakterapie te laat kry." Vrede en vertroue het my planne vergesel. Samuel het die volgende jaar spraakterapie gekry en sy uitspraak het dramaties verbeter. 

Die Here wil hê dat ons spesifiek moet wees as ons Hom iets vra, en ons deur sy wil moet laat lei. Hy gee regtig vir die klein besonderhede om. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer