God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

DAG 8 VAN 18

Ons Verweer teen Bekommernis

"En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus" (Filippense 4:7).

Ons leef vandag in 'n samelewing wat met spanning gevul is. Ons kan hierdie woorde op die grafstene van baie mense skryf: Gejaagd, bekommerd, begrawe. Ons is gedurig aan die gang, gaan van een ding na 'n ander, van een bekommernis na 'n volgende. Ons raak so gespanne dat ons amper onbeweeglik is. Soms kan bekommernis 'n persoon se lewe absoluut lamlê.

Maar soos my vriend Max Lucado sê: "Jou angs neem af soos jou begrip van jou Vader toeneem." Dit is regtig die kern van die saak.

Op 24 Julie 2008 het ek en my vrou die nuus ontvang wat geen ouer ooit wil hoor nie. Ons seun is skielik hemel toe geneem. Angs, paniek, bekommernis en vrees het alles op dieselfde tyd op ons neergesak. Terwyl ek onder die las daarvan gebuk gaan, het ek eerlik gewonder of ek so iets kan oorleef. As pastoor het ek oor die jare met mense gepraat wat kinders verloor het, maar toe dit met my gebeur, het ek eerlik gewonder of ek dit kon hanteer.

God was egter daar vir my. Dit is juis om daardie rede wat ek aanhou preek het, omdat God vir my daar was. As die Here my nie daardie dag bygestaan het nie, sou ek opgehou het om te preek. Tog was Hy by my.

Ek sê nie dit was maklik nie. Ons mis nog steeds ons seun en ons voel steeds diepe pyn. Tog het ons die waarheid van Filippense 4:6–7 gevind: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."

Pas hierdie waarheid toe en verander jou bekommernisse in gebede.

Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou. 
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie  

More

Ons wil graag vir Greg Laurie en Harvest Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvest.org/