God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
Die Geheim van 'n Sorgvrye Lewe
“Nee, beywer hulle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33).
Daar is baie dinge waarvoor jy kan lewe. Jy kan lewe vir jou fisieke voorkoms. Jy kan lewe vir 'n suksesvolle loopbaan. Jy kan lewe vir plesier. Maar dit is wat Jesus sê: “Nee, beywer hulle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33).
Met daardie woorde het Jesus vir ons die geheim gegee hoe om 'n sorgvrye lewe te lei: In plaas daarvan om bekommerd te wees, moet jy God en sy wil, eerste in jou lewe stel. Onder al jou opsies, moet jy God in die nommer een posisie plaas.
Kom ons gebruik jou loopbaan as 'n voorbeeld. Is jou beroepskeuse, die rigting waarin jy werk, werklik tot God se verheerliking? Soek jy Hom eerste in wat jy doen?
Jy kan dalk sê: "Greg, jy is 'n pastoor. Dit is vir jou maklik om God eerste te soek. Ek werk in die regte wêreld met regte mense.”
Ek verstaan. Jou doelwit moet egter wees: om God in alles wat jy doen te vereer. Jy moet jouself afvra: "Wat is my doel onderwyl ek hierdie ding doen?" As jou doel slegs is om geld te verdien, ongeag wat dit verg, het jy die verkeerde doelwit. Jou doelwit moet wees om God te vereer, eerlike werk te doen, om persoonlike integriteit en 'n getuienis in die werkplek te hê.
Uiteindelik wil jy jou beywer om 'n goeie naam en goeie reputasie te hê. Spreuke 22:1 sê: “'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud."
Soek dus eers die koninkryk van God. As jy 'n lewe vry van bekommernis, angs en vrees wil hê, stel dan God se koninkryk bo alles. Soek Hom eers, en Hy sal vir jou sorg.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More