God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

DAG 6 VAN 18

Bid en Laat Bekommernis aan God oor

“Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?" (Matteus 6:27).

Ons het 'n klein voëlvoerder in ons agterplaas. Ek hou dit vol voëlsaad, en die voëls weet daar sal elke oggend ontbyt wees. Hulle kom eet die saad, of hulle pik die sade van die grond of die plante af.

Jesus het die Bergpredikasie in die streek van Galilea gehou, waar daar oral om Hom voëls gesing en pragtige veldblomme gegroei het. Dit was Jesus se agtergrond om 'n punt te maak: “Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? (Matteus 6:26–27).

Met ander woorde, kyk na wat reg voor jou is. Het jy al ooit 'n voël gesien wat gespanne is? Voëls word elke oggend vrolik wakker. Hulle is eenvoudig gelukkig. Tog is die ewige lewe aan geen voël belowe nie. Geen voël het ooit die hoop van die hemel ontvang nie. Tog sing hulle elke dag. Jesus het nie gesê dat voëls stil sit en wag dat die kos na hulle toe kom nie. Hulle gaan self oor tot die daad.

Ek hou van wat Martin Luther gesê het: “Bid en laat bekommernis aan God oor.” Dit is regtig die geheim. Filippense 4:6–7 sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus".

Die volgende keer wat jy deur vrees en bekommernis oorweldig word, die volgende keer wat jy begin dink: “Wat as dit gebeur? Wat as dat gebeur?” verander dit in 'n gebed. Kyk na die Here en laat Hy jou sy vrede gee.

Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie  

More

Ons wil graag vir Greg Laurie en Harvest Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvest.org/