Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld
"En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie"
- Lukas 22:46 (AFR53).
Iets belangriks wat verlore gaan as ek aan die slaap raak of ontslaap, is die feit dat daar nie meer fisiese kontak met ander is nie. Daar is nie meer ‘n ontmoeting wat plaasvind nie en ek kan nie in kontak met ‘n ander ‘n persoon leef nie. Die groot slaap is om kontak met Hom te verloor. Wanneer ek van Hom bewus is, leef ek saam met Hom en is ek in kontak met Hom. Dit is die lewe. "Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God" (1 Petrus 1:18 MSG). Daar is nie iets wat ek kan doen om Hom te verhoed om by my te wees nie. Hy is altyd by my. Ek kan net ontwaak, wakker word, bewus raak van Hom wat by my is. Om wakker te word is ook nie iets wat ek regtig self kan doen nie. Dit bly ‘n geskenk, alhoewel ek daarvoor "ja" kan sê. Iemand het eenkeer gesê, ek kan nie die son laat opkom nie, maar ek kan vroeg opstaan om die son te sien opkom. Daar is soveel maniere van lewe en geloofsgewoontes wat deur die eeue deur gelowiges beoefen is, in ‘n poging om die son te kan sien opkom. Daar is seker iets unieks aan die manier waarop jy in fases tot jou volle bewussyn kom as jy in die oggend wakkerword. Tog is daar iets wat ons almal kan doen om dit te bevorder.
Refleksie: Een van die oudste gewoontes van Christene uit alle tradisies, is om die dag te begin deur met jou Bybel na jou binnekamer te gaan. Daar met Hom te praat, ‘n paar verse te lees, daaroor na te dink en dan net daar saam met Hom te wees.
Probeer om net dit te doen, so goed as wat jy kan, sonder om dit te beoordeel as goed of sleg.
Gebed: Ek vra om genade vir ‘n diep bewussyn van sy teenwoordigheid in my lewe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com